e-Boeke

Die Bybel as Gesaghebbende Bron

In hierdie boek gebruik die skrywer sy uitgebreide navorsing oor die godsdienste van die wêreld om dit met die Bybel te vergelyk, en sekere Christelike beginsels te verduidelik. Hy bied ook ‘n wonderlike reis vir die leser aan, terwyl hy die skepping van die mensdom, die Skepper God, en ander Skrifgefundeerde waarhede verduidelik om sodoende die egtheid van die Bybel te bewys.

Hierdie boek sal die oë oopmaak vir almal wat soek na antwoorde oor die Christendom in vergelyking met ander godsdienste!

Wat u sal leer en ontdek:

  1. Bewyse van die Bybel as outentieke bron
  2. Boeddhisme-beginsels en verskille met die Christendom.
  3. Hindoeïsme en die tradisies van Indië.
  4. Die geboorte van Islam en Mohammed.
  5. Islamitiese geestelike waardes.
  6. Islam teenoor die Christelike geloof.
  7. Vrae oor die egtheid van die Koran.
  8. Sleutelbegrippe in Islam in vergelyking met die Christendom.
 

R85

Die Oorsprong van Lewe 

In sy boek Die Oorsprong van Lewe verduidelik die skrywer die skepping van die aarde en die heelal. Hy lewer bewyse van wetenskaplike ontdekkings wat in die Bybel voorkom; maak belangrike verskuilde profesieë wat in Genesis in die oorspronklike Hebreeuse taal verborge lê bekend; en deel sy insigte oor die egtheid van die Bybel dat dit werklik ’n outentieke bron is! Die skrywer deel sy navorsing, sy Skrifgefundeerde onthullings met genoegsame bewyse. Die inligting wat u sal lees, is uiteraard verstommend met voldoende gesaghebbende bewyse. Die leser word begelei op ’n baie interessante, leersame  geestelike avontuurreis. Dit bied goed gefundeerde antwoorde op baie vrae oor die oorsprong van lewe, en behoort terselfdertyd elke Christengelowige te bemoedig en geestelik te versterk!

Wat u sal leer en ontdek:

  1. Die dieper betekenis van Skepping, en die boek Genesis in die oorspronklike Hebreeuse teks.
  2. Wie Elohim, die Skepper as God is, en hoe Hy alles geskape het.
  3. Die geestelike en natuurlike skepping in Genesis 1 en 2.
  4. Profetiese boodskappe wat in die geslagsregisters verborge is.
  5. Profesieë oor die koms van Jesus as die Messias.
  6. Die skepping van die aarde en die heelal.
  7. Die Bybel, geskryf ongeveer in 1300 v.C. bevestig moderne wetenskaplike bevindinge – insluitend swaartekrag, oseanografie, klimatologie, herskepping en die “oerknal”
  8. God en die Hebreeuse woord.
  9. Bewyse van die egtheid van die Bybel.
 

Gratis

Ontsluit die Vrug van God se Gees In Jou

Die skrywer neem die leser op ’n reis van geestelike groei en genesing. Dit is ’n kragtige, Skrifgefundeerde gids oor hoe om oorwinnend te leef in die genesende Woord van God. U sal ontdek hoe u in die eerste instansie as mens optree, en hoe u daagliks met Jesus Christus kan wandel. Dit gee ook leiding hoe uself u persoonlikheid, karakter en gedagtes kan transformeer met behulp van die Heilige Gees en die Woord van God.

Hierdie boek sal lewens verander, omdat dit die leser op ’n reis van ware geestelike groei begelei, om sodoende op die pad van oorwinning te wandel!

 

Wat u sal leer en ontdek:

  1. Die betekenis van bloed in die Bybel en die werking daarvan.
  2. Die Gees van God en die Zoê-lewe (Goddelike lewe).
  3. Die fases van geestelike groei en transformasie.
  4. Die Bybel, geloof en genesing.
  5. Die krag van die Heilige Gees en siekte.
  6. Hoe u denke kan transformeer.
  7. Verstaan ​​u persoonlikheid en karakter-eienskappe.
  8. God se Persoonlikheid en die vrug van die Heilige Gees.
  9. Die sleutel tot ’n sinvolle. geseënde lewe.
 

R85

Jesus In Die Tabernakel

R85

Jesus In Exodus

R85